My siel op haelwit wolke
In gietende reën sypel my gedagtes: eindloos!
Ek stuur vir jou die goud
van sondeurdrenkte landskappe
in die galery van my stille gemoed.
My opgevoude gedagtes steek vas
en onderhou my geheue
wat onvermydelik verstrengel is
en soos gister
vind jy my siel op haelwit wolke;
my gedagtes wentel om die aura van my taal
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit:
wat die tuimelende bergstilte
laat rol oor die dansende blou waters
na die holtes van my gedagtes.
google translate version
My soul haelwit clouds
In pouring rain seeps my mind: endless!
I send you the gold
of sun-drenched landscapes
in the gallery of my quiet mind.
My thoughts folded down pitch
and keep my mind
which is inevitably intertwined
and like yesterday
You will find my soul haelwit clouds;
my thoughts revolve around the aura of my language
and part sheer ligstraaltjies before me:
the tumbling mountain silence
rolling on the dancing blue waters
the hollows of my mind.